Contemporary history experiences of Kallie de Beer: Stories of my grandpa and- mother about the Anglo Boer War. The family link to the diamond related and seventh adventist church de Beers. Farms in the Free State's little towns and trips abroad. Research in contemporary history of South African diplomacy and the change of the former South African Army into a peacekeeping force in Africa and additional academic research in casu open distance e-learning.

Monday, December 03, 2012

GENEALOGIESE VERWYSINGS: KJ DE BEER

Genetiese Voorouers van die Afrikaners:


Stambome en die Y-chromosoom

Die aantal deelnemers wat dieselfde mitochondriale verskille as u het, word in die tabel hieronder gegee. As daar

slegs een deelnemer is met dieselfde veranderinge, dan het u die enigste mitochondriale tiepe in die groep.

Karel Johannes

AFR080

de Beer

Mitochondriale Voorouer Resultate

Ons het die basisvolgorde van 'n gedeelte van die mitochondriale DNS bepaal om die moederlike genetiese

voorouerlyn uit te werk. Nadat ons die volgorde van die vier basisse (A, C, G en T) van u mitochondriale DNS

gedeelte bepaal het, het ons dit vergelyk met die Cambridge Verwysings Basisvolgorde om vas te stel by watter

posisies daar veranderinge voorkom. Die verskille tussen u mitochondriale DNS en die Cambridge Verwysings

Basisvolgorde word in die tabel hieronder gegee. Die nommer dui aan by watter posisie daar 'n verskil voorkom,

gevolg deur die basisverskil, byvoorbeeld A-G dui aan dat basis G voorkom in u basisvolgorde, terwyl die Cambridge

Verwysings Basisvolgorde 'n A in die posisie het. Mitochondriale DNS kan in verskillende groepe verdeel word,

gebasseer op die verskille wat voorkom. Die groepe word haplogroepe genoem en bevat die mitochondriale DNS

wat soortgelyke veranderinge toon. Elke haplogroep het 'n unieke naam, byvoorbeeld haplogroep N1a2 behoort

aan hoofhaplogroep N en word verder geplaas op die tweede tak van die "a" tak van die eerste tak van N.

Die figuur hieronder gee die beraamde persentasies van waar die stammoeders van die Afrikaners vandaan kom.

Hoë Variasie gebied I & III

16126T-C, 16294C-T, 16296C-T, 16304T-C, 16519T-C

Hoë Variasie gebied II

73A-G, 151C-T, 152T-C, 263A-G

Die veranderinge in die boonste tabel stem ooreen met haplogroep: T2b3

Aantal deelnemers met dieselfde veranderinge: 1 2

de Beer Alle vanne

Hoe vergelyk u resultaat met dié

van ander deelnemers?

Aantal deelnemers in totaal: 7 207

Waar kom die Afrikaner stammoeders vandaan?

Europa Afrika Asië

84% 10% 6%

Prof JM Greeff, jaco.greeff@up.ac.za, 083 257 8761, Departement Genetika, Universiteit van Pretoria, Pretoria, 0002

Mnr JC Erasmus, christoff.erasmus@gmail.com, 082 445 9041, Departement Genetika, Universiteit van Pretoria, Pretoria, 0002

Any opinion, 9ndings and conclusions or recommenda:ons ;e
National Research Foundation.

Genetiese Voorouers van die Afrikaners:

Stambome en die Y-chromosoom

Verwysings

Waar kom u mitochondriale lyn

vandaan?

Die informasie wat in die verslag verskaf word kan slegs vir navorsingsdoeleindes gebruik word en is nie geldig vir

enige mediese of wetlike (soos vaderskap of forensiese) doeleindes wat moontlik op die individu van toepassing

kan wees nie.

Vir al die verskillende haplogroepe, besoek asseblief http://www.phylotree.org/

Vir meer informasie oor Europese haplogroepe, besoek gerus

http://www.eupedia.com/europe/origins_haplogroups_europe.shtml#mtDNA

LET WEL:

Haplogroep T is ongeveer 25 000 jaar oud en het moontlik in die Sentraal Europa ontstaan. Die haplogroep kom

huidiglik van Wes Europa tot Suid Asië voor, met die hoogste frekwensie aan die oostelike kus van die Baltiese See

en ongeveer 10% in Europese populasies. Die T2b haplogroep is ongeveer 10 000 jaar oud en die T2b3 haplogroep

ongeveer 9 000 jaar.

Die spesifieke verandering wat in die Afrikaner populasie voorkom kan gebruik word om meer akkuraat vas te stel

waar die stammoeders vandaankom. Die deelnemers met die T2b3 haplogroep het dieselfde veranderinge as wat

ons in Frankryk, Duitsland en Oos Europese populasies sien. Mense van Frankryk, Duitsland en Oos Europese

populasies het ook dieselfde verskille as die deelnemers met die T2b haplogroep en veranderinge by positions

16126, 16294, 16296 en 16304 het. Vir die deelnemers met veranderinge by posisies 16241 of 16266, is daar

mense wat dieselfde verskille het in Oos Europa. Daar is steeds ‘n tekort aan genetiese inligting van party Europese

lande en wanneer die inligting beskikbaar raak, is dit moontlik dat mense in die lande dieselfde verskille as in die

Afrikaner populasie het.

Pike DA, Barton TJ, Bauer SL, Kipp EB: mtDNA Haplogroup T Phylogeny based on Full

Mitochondrial Sequences. Journal of Genetic Genealogy 2010, 6:1–24.

Melchior L, Lynnerup N, Siegismund HR, Kivisild T, Dissing J: Genetic diversity among ancient Nordic populations. PloS

one 2010, 5:e11898.

Behar DM, Oven M van, Rosset S, et al.: A “Copernican” reassessment of the human mitochondrial DNA tree from its

root. American journal of human genetics 2012, 90:675–84.

Pike D: Phylogenetic networks for the human mtDNA haplogroup T. Journal of Genetic Genealogy 2006, 2:1–11.

Prof JM Greeff, jaco.greeff@up.ac.za, 083 257 8761, Departement Genetika, Universiteit van Pretoria, Pretoria, 0002

Mnr JC Erasmus, christoff.erasmus@gmail.com, 082 445 9041, Departement Genetika, Universiteit van Pretoria, Pretoria, 0002

Any opinion, 9ndings and conclusions or recommenda:ons ;e
National Research Foundation.

Labels: ,

0 Comments:

Post a Comment

<< Home