Beste Hennie...as gereelde briefskrywer in VB briewe, lees groot asb net deur en redigeer vir publikasie. Ek sal dit werklik hoog waardeer omdat ek groot erns begin maak met die mag van die joernslis se pen. DIE TOTALE AANSLAG Gedurende die negentien tagtigs het navorsers in Staatsleer probeer besin oor die sogenaamde totale aanslag op Suid -Afrika waarna die destydse president PW Botha gereeld verwys het. Sommige akademici was gou om te sê dit sit tussen doem profete se ore ! Kyk ons egter vandag deur die bril van die totale aanslag, sien ons dat alle lewensterreine in Suid-Afrika werklik in totaliteit getref is. Van die hoogste kultuurgoed, etiese en estetetiese norme, die verdraaing van die reg en die geskiedenis, die ineenstorting op ekonomiese gebied, die aanvalle op taal en onderwys asmede onlogiese beredenerings wat as korrek verklaar word. So ook op die fisiese terreine is die getalle oorwig altyd die wenner. 'n Sielkundige onvermoë om fisiese dinge te verwerk lei tot psigosomatiese afwykings, kardio vaskulêre siektes en verslawing aan medikasie en alkohol. Terwyl die doodslagting op die paaie weer lei tot 'n verskrikking en vrees om vervoerstelsels te gebruik. Inderdaad 'n skrikwekkende doodsakker. Eintlik was strategiese denkers dus reg toe hulle verduidelik het dat die ysberg onder die water groter is as net die klein puntjie wat ons gesien het. Die gevaar was sublimaal en onsigbaar. Die ergste was nog op pad om te gebeur. So het hulle al in die negentien tagtigs voorspel. Dis nou in 2017 wat Suid-Afrikaners besef wat die strategiese ontleders van die totale aanslag inderdaad bedoel het. Die situasie wat uit en na die totale aanslag geskep is, het 'n klimaat van totale ineenstorting geskep waarin die kommunisme kan gedy. In 'n punt van geen terugdraai , bevind Suid-Afrikaners hulleself in 'n cul de sac. Niemand kan verder voorspel wat nou gaan gebeur nie. Navorsers in regeerkunde sal bes moontlik moet help om te bepaal hoe die magsvakuum gediferensieër het tussen die sosialisme vanuit die historiese Marxistiese model en die ou vakbond sosialisme wat geskoei is op die Britse model. Byvoorbeeld ; Hoe het die sosialistiese modelle onderskeidelik getransformeer om aan die moderne eise van die tyd te voldoen ; Wat is die nuwe eise en wat is die modus operandi om die regering van die dag te vorm. Solank as wat die politieke dialoog tussen al die arbeidsgedrewe deelnemers aktief bly, kan onderhandel word vir kort termyn en lang termyn ooreenkomste in verskeie soorte koalisies om in 'n mate 'n werkbare regering te skep. Staatsveiligheid sal die hoof doelwit moet wees om na te streef in algemene belang vir 'n brose burgerlike samelewing in Suid-Afrika.
0 Comments:
Post a Comment
<< Home