Contemporary history experiences of Kallie de Beer: Stories of my grandpa and- mother about the Anglo Boer War. The family link to the diamond related and seventh adventist church de Beers. Farms in the Free State's little towns and trips abroad. Research in contemporary history of South African diplomacy and the change of the former South African Army into a peacekeeping force in Africa and additional academic research in casu open distance e-learning.

Monday, December 03, 2012

afr080 yCHROMOSOOM; kj dE bEER

Genetiese Voorouers van die Afrikaners:



Stambome en die Y-chromosoom

Karel Johannes

AFR080

de Beer

Y-chromosoom Voorouer Resultate

Ons het die aantal herhalings vir 17 herhaalvolgorde gebiede (ook STRs genoem) op die y-chromosoom bepaal om uit

te werk hoe gereeld mutasies vir dié gebiede en nie-vaderskap gevalle plaasvind en waar die stamvaders vandaan

kom. Die resultaat vir 17 herhaalvolgorde gebiede op die y-chromosoom word in die tabel hieronder aangedui. Elke

STR gebied het sy eie naam en begin gewoontlik met "DYS", byvoorbeeld DYS19. Die nommer waarde in rooi dui aan

hoeveel keer 'n spesifieke DNS volgorde herhaal word in elk van die gebiede. Die profiel verwys na die resultate van al

die STR gebiede saam. Verskillende y-chromosome kan in groepe verdeel word, gebasseer op die mutasies wat

plaasgevind het oor tyd. Die groepe word haplogroepe genoem. Die STR profiel kan gebruik word om die haplogroep

te beraam en word ook in die tabel hieronder gegee. In seker gevalle kom daar 'n "NB" voor, wat aandui dat die

waarde nie bepaal kon word met die toets nie.

DYS385a

11

DYS19

16

Die STR profiel is grootliks dieselfde binne die familie. Al die stamvaders het hul unieke profiel, maar party het

dieselfde haplogroep. Die aantal stamvaders wat dieselfde haplogroep het word hieronder aangedui.

Hoe vergelyk u resultaat met dié van ander

deelnemers?

DYS389c

17

DYS389I

13

DYS385b

15

DYS390

25

DYS391

11

DYS392

11

DYS393

13

DYS437

14

DYS438

11

DYS439

10

DYS448

21

DYS456

15

DYS458

15

DYS635

23

GATA-H4

13

Die y-chromosoom STR profiel hierbo stem ooreen met haplogroep: R1a

Aantal stamvaders vir die ander 20 vanne met dieselfde haplogroep: 3

Die tempo waarteen veranderinge plaasvind is baie belangrik in die forensiese en

populasie genetika rigtings. Dit word gebruik om uit te werk wat die kans is om dieselfde

profiel in die populasie te sien vir vaderskaptoetse en kriminele sake.

Mutasie tempo en nie-vaderskap frekwensie

Die mutasie tempo vir die Afrikaners is gemiddeld 0.0035 veranderinge per gebied per generasie. Dit is soortgelyk

aan al die ander populasies wat tot dusver getoets is.

Deur die stambome met die y-chromosoom te vergelyk, is dit moeilik om vas te stel wat die rede vir nie-vaderskap

gevalle was, aangesien ons nie weet by watter generasie op die tak dit gebeur het nie. Dit is moontlik 'n buiteegtelike

geval, maar dit kan ook wees dat iemand aangeneem was, veral tydens oorloë en siekte epidemies soos die

pokke. Ons sien of een of geen nie-vaderskap takke vir elke familie wat deelgeneem het aan die projek, met 'n

koers van 0.68 % per generasie. Wanneer mens dit vergelyk met 22 ander moderne populasies, dan het die

Afrikaners die tweede laagste koers, met slegs een Joodse Priester groep wat 0,4% het.

Prof JM Greeff, jaco.greeff@up.ac.za, 083 257 8761, Departement Genetika, Universiteit van Pretoria, Pretoria, 0002

Mnr JC Erasmus, christoff.erasmus@gmail.com, 082 445 9041, Departement Genetika, Universiteit van Pretoria, Pretoria, 0002

Any opinion, ?ndings and conclusions or recommenda@ons AeBpressed in this material are those of the authors and do not Anecessarily reCect the views of the Na@onal

Research Foundation.

Genetiese Voorouers van die Afrikaners:

Stambome en die Y-chromosoom

Waar kom die stamvader vandaan?

Die informasie wat in die verslag verskaf word kan slegs vir navorsingsdoeleindes gebruik word en is nie geldig vir

enige mediese of wetlike (soos vaderskap of forensiese) doeleindes wat moontlik op die individu van toepassing kan

wees nie.

Verwysings:

Om deur 'n redelike groot databasis (meer as 100 000 y-chromosoom profiele) te soek, besoek

gerus www.yhrd.org

Vir 'n beskrywing van ander haplogroepe, besoek gerus

http://www.eupedia.com/europe/origins_haplogroups_europe.shtml#Y-DNA

LET WEL:

Haplogroep R1a kom redelik wydverspreid voor vanaf Suid Asië tot Sentraal, Oos en Wes Europa. R1a1 het ‘n hoë

frekwensie in Oos Europa en Skandinawië (insluitend die noordelike areas van Duitsland).

Uit die 40 987 profiele van 282 populasies in die yhrd.org databasis, is daar niemand wat dieselfde aantal herhalings

by elk van die gebiede as die stamvader se profiel het nie. Daar is wel drie mense wat soortgelyke profiele het. Die

eerste een is van die Sverdlovsk gebied in Rusland en het 15 herhalings by DYS19, in plaas van die 16 herhalings wat

ons vir die stamvader sien. Die tweede persoon kom van Bangladesh en het 14 herhalings by DYS382b, in plaas van

die 15 vir die stamvader. Die derde persoon het 24 herhalings by DYS 635, in plaas van 23 en kom van Serbië. Dit is

dus moeilik om te bepaal waar die stamvader vandaankom, want die soortgelyke profiele kom so wydverspreid

voor. Databasis groei redelik vinnig en in die toekoms sal mens moontlik ‘n profiel vind wat by al die gebiede

ooreenstem met die stamvader s’n.

Woźniak M, Malyarchuk B, Derenko M, et al.: Similarities and distinctions in Y chromosome gene pool of Western

Slavs. American journal of physical anthropology 2010, 142:540–8.

Underhill P a, Myres NM, Rootsi S, et al.: Separating the post-Glacial coancestry of European and Asian Y

chromosomes within haplogroup R1a. European journal of human genetics : EJHG 2010, 18:479–84.

Prof JM Greeff, jaco.greeff@up.ac.za, 083 257 8761, Departement Genetika, Universiteit van Pretoria, Pretoria, 0002

Mnr JC Erasmus, christoff.erasmus@gmail.com, 082 445 9041, Departement Genetika, Universiteit van Pretoria, Pretoria, 0002

Any opinion, ?ndings and conclusions or recommenda@ons AeBpressed in this material are those of the authors and do not Anecessarily reCect the views of the Na@onal

Research Foundation.

Labels:

0 Comments:

Post a Comment

<< Home