DE BEER HERITAGE LINK TO EASTERN EUROPE
Genetiese Voorouers van die Afrikaners: Stambome en die Y-chromosoom Karel Johannes AFR080 de Beer Y-chromosoom Voorouer Resultate Ons het die aantal herhalings vir 17 herhaalvolgorde gebiede (ook STRs genoem) op die y-chromosoom bepaal om uit te werk hoe gereeld mutasies vir dié gebiede en nie-vaderskap gevalle plaasvind en waar die stamvaders vandaan kom. Die resultaat vir 17 herhaalvolgorde gebiede op die y-chromosoom word in die tabel hieronder aangedui. Elke STR gebied het sy eie naam en begin gewoontlik met "DYS", byvoorbeeld DYS19. Die nommer waarde in rooi dui aan hoeveel keer 'n spesifieke DNS volgorde herhaal word in elk van die gebiede. Die profiel verwys na die resultate van al die STR gebiede saam. Verskillende y-chromosome kan in groepe verdeel word, gebasseer op die mutasies wat plaasgevind het oor tyd. Die groepe word haplogroepe genoem. Die STR profiel kan gebruik word om die haplogroep te beraam en word ook in die tabel hieronder gegee. In seker gevalle kom daar 'n "NB" voor, wat aandui dat die waarde nie bepaal kon word met die toets nie. DYS385a 11 DYS19 16 Die STR profiel is grootliks dieselfde binne die familie. Al die stamvaders het hul unieke profiel, maar party het dieselfde haplogroep. Die aantal stamvaders wat dieselfde haplogroep het word hieronder aangedui. Hoe vergelyk u resultaat met dié van ander deelnemers? DYS389c 17 DYS389I 13 DYS385b 15 DYS390 25 DYS391 11 DYS392 11 DYS393 13 DYS437 14 DYS438 11 DYS439 10 DYS448 21 DYS456 15 DYS458 15 DYS635 23 GATA-H4 13 Die y-chromosoom STR profiel hierbo stem ooreen met haplogroep: R1a Aantal stamvaders vir die ander 20 vanne met dieselfde haplogroep: 3 Die tempo waarteen veranderinge plaasvind is baie belangrik in die forensiese en populasie genetika rigtings. Dit word gebruik om uit te werk wat die kans is om dieselfde profiel in die populasie te sien vir vaderskaptoetse en kriminele sake. Mutasie tempo en nie-vaderskap frekwensie Die mutasie tempo vir die Afrikaners is gemiddeld 0.0035 veranderinge per gebied per generasie. Dit is soortgelyk aan al die ander populasies wat tot dusver getoets is. Deur die stambome met die y-chromosoom te vergelyk, is dit moeilik om vas te stel wat die rede vir nie-vaderskap gevalle was, aangesien ons nie weet by watter generasie op die tak dit gebeur het nie. Dit is moontlik 'n buiteegtelike geval, maar dit kan ook wees dat iemand aangeneem was, veral tydens oorloë en siekte epidemies soos die pokke. Ons sien of een of geen nie-vaderskap takke vir elke familie wat deelgeneem het aan die projek, met 'n koers van 0.68 % per generasie. Wanneer mens dit vergelyk met 22 ander moderne populasies, dan het die Afrikaners die tweede laagste koers, met slegs een Joodse Priester groep wat 0,4% het. Prof JM Greeff, jaco.greeff@up.ac.za, 083 257 8761, Departement Genetika, Universiteit van Pretoria, Pretoria, 0002 Mnr JC Erasmus, christoff.erasmus@gmail.com, 082 445 9041, Departement Genetika, Universiteit van Pretoria, Pretoria, 0002 Any opinion, ?ndings and conclusions or recommenda@ons AeBpressed in this material are those of the authors and do not Anecessarily reCect the views of the Na@onal Research Foundation. Genetiese Voorouers van die Afrikaners: Stambome en die Y-chromosoom Waar kom die stamvader vandaan? Die informasie wat in die verslag verskaf word kan slegs vir navorsingsdoeleindes gebruik word en is nie geldig vir enige mediese of wetlike (soos vaderskap of forensiese) doeleindes wat moontlik op die individu van toepassing kan wees nie. Verwysings: Om deur 'n redelike groot databasis (meer as 100 000 y-chromosoom profiele) te soek, besoek gerus www.yhrd.org Vir 'n beskrywing van ander haplogroepe, besoek gerus http://www.eupedia.com/europe/origins_haplogroups_europe.shtml#Y-DNA LET WEL: Haplogroep R1a kom redelik wydverspreid voor vanaf Suid Asië tot Sentraal, Oos en Wes Europa. R1a1 het ‘n hoë frekwensie in Oos Europa en Skandinawië (insluitend die noordelike areas van Duitsland). Uit die 40 987 profiele van 282 populasies in die yhrd.org databasis, is daar niemand wat dieselfde aantal herhalings by elk van die gebiede as die stamvader se profiel het nie. Daar is wel drie mense wat soortgelyke profiele het. Die eerste een is van die Sverdlovsk gebied in Rusland en het 15 herhalings by DYS19, in plaas van die 16 herhalings wat ons vir die stamvader sien. Die tweede persoon kom van Bangladesh en het 14 herhalings by DYS382b, in plaas van die 15 vir die stamvader. Die derde persoon het 24 herhalings by DYS 635, in plaas van 23 en kom van Serbië. Dit is dus moeilik om te bepaal waar die stamvader vandaankom, want die soortgelyke profiele kom so wydverspreid voor. Databasis groei redelik vinnig en in die toekoms sal mens moontlik ‘n profiel vind wat by al die gebiede ooreenstem met die stamvader s’n. Woźniak M, Malyarchuk B, Derenko M, et al.: Similarities and distinctions in Y chromosome gene pool of Western Slavs. American journal of physical anthropology 2010, 142:540–8. Underhill P a, Myres NM, Rootsi S, et al.: Separating the post-Glacial coancestry of European and Asian Y chromosomes within haplogroup R1a. European journal of human genetics : EJHG 2010, 18:479–84. Prof JM Greeff, jaco.greeff@up.ac.za, 083 257 8761, Departement Genetika, Universiteit van Pretoria, Pretoria, 0002 Mnr JC Erasmus, christoff.erasmus@gmail.com, 082 445 9041, Departement Genetika, Universiteit van Pretoria, Pretoria, 0002 Any opinion, ?ndings and conclusions or recommenda@ons AeBpressed in this material are those of the authors and do not Anecessarily reCect the views of the Na@onal Research Foundation.
Labels: Y - CHROMOSOM OF KAREL DE BEER
0 Comments:
Post a Comment
<< Home