Contemporary history experiences of Kallie de Beer: Stories of my grandpa and- mother about the Anglo Boer War. The family link to the diamond related and seventh adventist church de Beers. Farms in the Free State's little towns and trips abroad. Research in contemporary history of South African diplomacy and the change of the former South African Army into a peacekeeping force in Africa and additional academic research in casu open distance e-learning.

Tuesday, January 15, 2013

PADONGELUKKE: SUID-AFRIKA



(TRANSLATE AFRIKAANS INTO ENGLISH) BURGERLIKE OPVOEDING VIR PADGEBRUIKERS

Verlede kersseisoen het Herman Toerien se padslagtingartikel in Volksblad, 23 Desember 2011, anomie, as hoofrede vir die gebrek aan respek vir re”els van die samelewing verskyn. Sederdien is 2013 vir Suid-Afrikaners ingelei met die voorspelbare sirkel van ‘n agressiewe padkultuur. Anomie ontstaan ondermeer vanuit ‘n toestand van wetteloosheid, gebrek aan maatskaplike norme, en doelose vervreemding van etiese kodes. Burgerlike ongehoorsaamheid is dus ’n respons teen die morele afwykings van die huidige Suid Afrikaanse owerheid en wat veroorsaak dat die burgery respek vir juridiese norme verloor. (Vergelyk die strekking van die artikel.) Volgens my mening impliseer dit insgelyks burgerlike ongehoorsaamheid of politieke ongeletterdheid.

Politieke geletterdheidsonderrig of sogenaamde “civil education” is dus dringend nodig om ’n meer aanvaarbare vlak van beskawingsmondigheid op alle lewensterreine te bevorder. Veral vir burgerregte op ons land se padnetwerke en vervoerstelsels. Omrede anti-normatiewe gedrag op die padnetwerke en vervoerstelsels diverse vorme van burgerlike ongehoorsaamheid genereer, is politieke geletterdheid in burgerlike opvoedingsverband die bes moontlike antwoord teen anomie. Oopleerprogramme in openbare padgebruike moet in skole, kolleges, universiteite in samewerking met private sektor onderriginstansies (SETAS) uiters dringend geskep word.  Dit is veral ’n prioriteit vir taxi- en vragmotorbestuurders. In geheel beskou, sal ’n politiekgeletterde burgery die owerheid en amptenary toenemend tot verantwoordelikheid roep om hulle menseregte in die totale samelewingsorde te beskerm. Veral ook op die land se lewensgevaarlike paaie.


Labels:

0 Comments:

Post a Comment

<< Home