Contemporary history experiences of Kallie de Beer: Stories of my grandpa and- mother about the Anglo Boer War. The family link to the diamond related and seventh adventist church de Beers. Farms in the Free State's little towns and trips abroad. Research in contemporary history of South African diplomacy and the change of the former South African Army into a peacekeeping force in Africa and additional academic research in casu open distance e-learning.

Wednesday, December 09, 2015

Oorlede Ben de Beer van Universitas Primere Skool, Bloemfontein

Ons boetie Oubaas de Beer is verlede week oorlede in die ouderdom van 64 jaar. Hy is reeds veras en sy nissie word op 14 Desember 2015 in die Herinneringsmuur van die NG Kerk Pelisier verseel.  Oubaas se familie bynaam het hy gekry van ons destydse huisbediende, Gladys van Herschel in die Transkei. Sy het hom help oppas en altyd hom Oubasie genoem...en so het dit gebly.  By die skool waar hy gewerk het, Universitas Primere Skool of te wel "Tjokkies" was hy meneer Ben. Gaan besoek Universitas Primere Skool se Facebook blad vir reaksies op sy afsterwe en herinneringe as geliefde onderwyser. 

Labels:

0 Comments:

Post a Comment

<< Home