Contemporary history experiences of Kallie de Beer: Stories of my grandpa and- mother about the Anglo Boer War. The family link to the diamond related and seventh adventist church de Beers. Farms in the Free State's little towns and trips abroad. Research in contemporary history of South African diplomacy and the change of the former South African Army into a peacekeeping force in Africa and additional academic research in casu open distance e-learning.

Friday, February 13, 2015

PADVEILGHEID IN SA

ABURGERLIKE OPVOEDING VIR PADGEBRUIKERS Herman Toerien se padslagtingartikel in Volksblad, 23 Desember 2011, in casu anomie as hoofrede vir die gebrek aan respek vir ree”ls van die samelewing kan volgens my alleen deur burgerlike opvoedingsprogramme teengewerk word. Omrede Toerien tereg aanhaal dat anomie onder meer voortspruit uit ‘n toestand van wetteloosheid, gebrek aan maatskaplike norme, en doelose vervreemding van etiese kodes kan dit volgens my aan burgerlike ongehoorsaamheid of politieke ongeletterdheid toegeskryf word. In die akademiese terme van my destydse lektor in Staatsleer, prof Herman Strauss, kan dit moontlik as beskawingsonmondigheid tipeer word. Politieke geletterdheid of sogenaamde “civil education” (soos byvoorbeeld in skole in die VSA) beteken per se nie onderrig in party politiek nie, maar eerder burgerlike opvoeding om ’n beskawingsmondige burgery op te voed. In konteks van anomie, ontleed Toerien juis dat burgerlike ongehoorsaamheid ‘n respons is teen die morele afwykings van die huidige Suid Afrikaanse owerheid en gevolglik respek vir juridiese norme verloor. Mens ondervind daagliks die wetteloosheid van Taxi’s wat ’n uiters swak voorbeeld stel vir kinderpasasiers en toekomstige motoreienaars. Dit veroorsaak ’n tsoenamie in algemene burgerlike gehoorsaamheid. Onwettige gedrag op die pad lei tot ander burgerlike ongehoorsaamheid. Hooggeplaaste party politieke leiers van die huidige regeringsbestel en diesulkes wat hulleself skuldig maak aan korrupsie en tallose ander voorbeelde van administratiewe wanbestuur, stel nie ’n positiewe voorbeeld vir die gemeenskap nie. Daarom kom Toerien tot die slotsom dat die negatiewe geheelbeeld wat anomie skep, so moelik sal wees om teen te werk as wat ’n mens ’n sandstorm met ’n besem wil terug vee... In suiwer politieke terme kan dit vergelyk word met nasionalisme wat jy net so min as die branders van die see kan terug vee volgens ’n voormalige premier van Suid Afrika, dr. DF Malan. En dit is moontlik waar dit ons huidiglik uitbring, naamlik dat Afrika politiek verkondig dat die kontinent aan die Afrikane behoort. Daarmee word die Afrika kultuur geintegreer binne ’n eiesoortige nasionalisme wat poog om alle Westerse bekawingsnorme te afrikaniseer of met onsinnige nihilistiese idees te verplaas. Beide party politieke- en kultuurleiers sweep die politiek ongeletterde massas op met valse teori”e oor die demokrasie en algemene menseregte. Vals gedefinieerde regte wat oorspoel na alle vlakke van die samelewing en wat lei tot die verbreking van ’n padreel, die steel van motorvoertuie, die vervalsing van motorregistrasies, vals rybewyse, drink en bestuur, tref en trap, oorlaaide Taxi’s en les bes die wanbestuur deur gebrekkig opgeleide administeurs om paaie padwaardig te hou. Afgesien van lewensgevaarlike slaggate word die sperstrepe nie behoorlik sigbaar geverf nie wat noodwendig tot kop aan kop botsings lei. Slegs ’n beskawingsmondige burgery wat politieke geletterdheid in burgerlike opvoeding vanaf kleuter,prim-ere, sekondere,tersiere asmede sektor onderwys outoriteite se volwasse leerprogramme met oopleer beginsels ontvang, sal ’n antwoord teen anomie bied. Daardeur kan die owerheid tot verantwoordelikheid geroep word om menseregte in die totale samelewingsorde te beskerm, ook op die land se gevaarlike paaie. Dr Karel J de Beer Vryskut Politieke Geletterdheidskonsultant Http://www.kareldebeer.blogspot.com GETEKEN: .........................................3 Januarie 2012 ID: 460 526 5003 089 Bruwerstraat 6, Fichardtpark, Bloemfontein, 9301

Labels:

0 Comments:

Post a Comment

<< Home