Contemporary history experiences of Kallie de Beer: Stories of my grandpa and- mother about the Anglo Boer War. The family link to the diamond related and seventh adventist church de Beers. Farms in the Free State's little towns and trips abroad. Research in contemporary history of South African diplomacy and the change of the former South African Army into a peacekeeping force in Africa and additional academic research in casu open distance e-learning.

Saturday, August 12, 2017

Christina Catharina Wilhelmina Van Wyk (née Van Schalkwyk)

 My skoonmoeder , Chrissie van Wyk is oorlede in die aftree oord te Roodepoort. Sy was 91 jaar oud. Sy was die moeder en grootmoeder wat bosveld vakansies in haar bosveldhuis in die Leeupoort natuurreservaat jaarliks beplan het vir die Van Wyks en jaar skoonfamilie , die de Beers. Vroegoggende na koffie en beskuit lang ente gaam stap om die bokke en ander wild te besigtig. Terug by die huis het sy van tuis gebakte vrugtekoek tot kouevleis toebroodjies met rooibostee reggesit. Daarna het die keinkinders gaan swem. Saans het haar en Oupa Jannie se bure aangeloop met hulle  wyn sakkies. Soms het dit uitgeloop op 'n onbeplande braai en dan hey Oom George sy kitaar gaan haal en tot laat gespeel en  saam gesing. Terug by haar huis in Johannesburg het sy gaan werk as boekhouer by die Johannesburgse kunsskool. Voorheen het sy ook by die Algemene hospitaal se ontvangs gewerk.  Ouma Chrissie is eintlik 'n Vrystater. Sy was in Philipolis gebore en in Luckhof de NG Kerk gedoop. Daarna het haar ouers in Winburg op 'n plaas gewerk en waar sy haar skoolloopbaan voltooi het. Sy  wad 'n kranige atleet. Sy het per trein alleen na kennise in Johannesburg afgereis en verskeie administratiwe posisies by verskillende sake ondernemings beklee. In Johannesburg ontmoet sy haar geliefde Jan Van Wyk ,'n passer en draaier wat onder meer by Schindlerslifts gewerk het. Die gesin het uit een dogter Christa en twee seuns Jan en Willie bestaan en het in Vyfdelaan 98 te Melville gewoon. Die kleeinkinders het elkeem ,'n beurt gekry om met die trein saa see toe te ry vir vakansie. Op die foto staan Sanmariè by Ouma en Oupa vootdat hulle Natal toe vertrek het. Vandag het Sanmariè drie dogters en Johan een seun en een dogter wat gereeld vir Ouma van Wyk gaan kuier het. Hulle sit op die foto regsonder. Ouma word op 16Augustus by haar man in die Wespark begraafplaas ter ruste gelê.