Dankie
My skoon pa sal die “de Beer” stamboom om
http://www.geni.com/ doen. Ons sal jou uitnooi om to kom loer as ons meer inligting het.
Groetnis
Pierre
From: Kallie De Beer [mailto:kbeer@cut.ac.za] Sent: 09 March 2009 03:14 PMTo: Viljoen, Pierre PSubject: STAMBOOM
Beste Pierre
Nee, ongelukkig nog nie genoeg tyd daaraan bestee nie, maar daar is familielede wat daarmee besig is.
Groete aan jou pa.
Karel J.
From: Viljoen, Pierre P [mailto:Pierre.Viljoen@standardbank.co.za] Sent: 09 March 2009 02:52 PMTo: De Beer KallieCc: fritz.debeer@bcx.co.zaSubject: FW: De Beer familie informasie
Hi Karel
Baie dankie. Ek sal hulle kontak, miskien moet ons die informasie op die internet sit. Mense wat dan die info soek kan dit dan aftrek.
Het jy jou stamboom op die internet gebou ? Ek dink aan internet “tools” soos
http://www.geni.com/http://www.myheritage.com/etc.
Ek sal noal graag na jou boom wil kyk. My skoonpa, Frederick Coenraad David De Beer(cc in die email), is besig om sy boom te bou (my Viljoen boom was makliker gewees want daar is meet inligting oor hulle).
Groetnis
Pierre
From: Kallie De Beer [mailto:kbeer@cut.ac.za] Sent: 09 March 2009 02:42 PMTo: Viljoen, Pierre PSubject: RE: De Beer familie informasie
Beste Pierre
By die Fransie Pienaar museum in Prins Albert is ‘n volledige boek oor dioe De Beers en ‘n inligtingstuk. Ek stel voor jy skakel sommer telefonies en praat met die kurators daar op Prins Albert. Hy kan die inligting aan jou faks want dit is nie elektronies beskikbaar nie. Die De Beers het ‘n familiefees daar gehou (sowat 7 jaar terug) want Prins Albert was eers Kweekvallei. Dit het aan die De Beers behoort voordat daardie vertakking via Graaf Reinette en Colesberg onderskeidelik na Kimberley en Fauresmith getrek het. Ek is van die Fauresminth afstammelinge.
Mooi dag.
Karel J.
http://kareldebeer.blogspot.com/ (Scroll down to beginning of the online diary)
From: Viljoen, Pierre P [mailto:Pierre.Viljoen@standardbank.co.za] Sent: 09 March 2009 02:21 PMTo: De Beer KallieSubject: De Beer familie informasie
Hi Karel
Hoop dit gaan goed met jou. Ek het jou raak gegoogle toe ek informasie oor die De Beers in Suid Afrika gesoek het. Ek sien op you blog site se jy dat daar informasie is oor die de beers’ in ‘n boek “ Die geskiedenis van ene de Beer voor en nasate” (Ek kan nie mooi onthou nie. – verskoon maar)
Waar kan ek ‘n kopie van hierdie informasie kry ?
Groentis
Pierre Viljoen
___________________________________________________________________________________________________________________
Standard Bank email Disclaimer and confidentiality note
_______________________________________________________________________________________________________